Sak Sarel!
Sak Sarel! “Ai tog," sug ou oom Koos, “Hoe moet ek van dag daar kom?” Buite waai wind en dit is baie koud maar dit is pensioen Vrydag en daar is geen ander manier nie. Koos haal sy ou dik jas uit, knoop dit styf om hom vas, neem sy getroue ou kierie. “Mooi bly Kasper!” Kasper kyk op, gee sy gemmer stert paar lekke en kruip in hom self in. Koos strompel die paadjie af na die dorpie toe. Dit is bitter koud. Hoog bo alles is Sarel Son en Wouter Wind al weer aan die baklei, “Ek is tog sterker as jy …!” “Kyk net net daai ou man daaronder, Sarel. Kom ons kyk wie kan sy jas die gouste van hom af kry, toe man!” “Reg!” sĂȘ Sarel. “Hou my dop ek gaan sy hele jas van hom af waai. Gee my tien minute en dan kry jy weer tien minute en dan kyk ons wen die keer?” antwoord Wouter. Sarel kruip agter die wolkie weg en kyk wat Wouter gaan aanvang. Wouter trek los en hy waai storm sterk in die pad af! Oom Koos gryp na die lamppaal hou vas van vir wat dit werd is. Wouter ...