Sak Sarel!
“Ai
tog," sug ou oom Koos, “Hoe moet ek van dag daar kom?”
Buite waai wind en dit is baie koud maar dit is pensioen
Vrydag en daar is geen ander manier nie.
Koos haal sy ou dik jas uit, knoop dit styf om hom vas,
neem sy getroue ou kierie. “Mooi bly Kasper!”
Kasper kyk op, gee sy gemmer stert paar lekke en kruip in
hom self in.
Koos strompel die paadjie af na die dorpie toe. Dit is
bitter koud.
Hoog
bo alles is Sarel Son en Wouter Wind al weer aan die baklei, “Ek is tog sterker
as jy …!”
“Kyk net net daai ou man daaronder, Sarel. Kom ons kyk
wie kan sy jas die gouste van hom af kry, toe man!”
“Reg!” sê Sarel.
“Hou my dop ek gaan sy hele jas van hom af waai. Gee my
tien minute en dan kry jy weer tien minute en dan kyk ons wen die keer?” antwoord
Wouter.
Sarel kruip agter die wolkie weg en kyk wat Wouter gaan
aanvang. Wouter trek los en hy waai storm sterk in die pad af!
Oom Koos gryp na die lamppaal hou vas van vir wat dit
werd is. Wouter stel sy temperatuur nog tien grade laer en hy waai en waai!
Sarel
kyk van vêr agter die wolk … alles verander in hom,
hy skaam hom dood oor die slegte dinge wat hy gedoen het om diertjies dood te
brand en waterdammetjies op te droog ...
Wouter gaan lê, “Kon dit die keer nie gemaak nie, kom ou
Sarel kry die ou se jas van hom af!”
Dit is doodstil, Sarel kom stadig agter die wolkie uit,
saggies skyn hy op oom Koos.
Oom Koos trek sy jas uit, hy rek sy arms en lag van oor
tot oor. Sarel hoor van vêr oom Koos se sagte stem as hy op kyk, “Dankie Here
vir die lieflike Son, wat U nou vir my gegee het, dankie, dankie …”
Niks
was ooit weer dieselfde nie ... Maatjies, wees altyd goed vir ander …

Comments
Post a Comment